FOTO Micky Hoyle
SARIE KOS JUN/JUL 2014

FOTO Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2014

Resepte

Lensie-en-chorizosop

4 – 6 porsies

Verhit 30 ml olyfolie tot warm in ’n middelslag-pot. Voeg 1 fyngekapte ui, 2 gekapte knoffelhuisies1 gekapte brandrissie en 300 g chorizowors wat in ringe gesny is by. Braai 5 – 8 minute vinnig of tot ui begin verbruin. Voeg 25 ml paprika, 1 x 400 gblik kersietamaties en 500 ml lam- of beesaftreksel by. Verlaag hitte en laat 10 – 15 minute stadig kook of tot vloeistof met 1/3 verminder het. Voeg 1 x 400 g-blik gedreineerde lensies by en bring weer tot kookpunt. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG of PDF.