FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Resepte

Marokkaanse harira(lam-en-kekerertjie-sop)

Kekerertjies is ’n goedkoop manier om vleissop te rek.

6 porsies

• 60 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 5 ml fyn koljander
• 10 ml fyn komyn
• 5 ml kaneel
• 500 g lamsvleisblokkies
• 2 x 400 g-blik tamaties
• 50 g split-ertjies
• 1 000 ml beesvleis-aftreksel
• 1 x 400 g-blik kekerertjies, doppe verwyder
• sout en varsgemaalde swartpeper
• hand vol koljander, fyngekap

Verhit olyfolie in middelslagpot. Voeg uie by en braai vir 2 minute.Voeg koljander, komyn en kaneel by. Braai nog 1 minuut. Voeg vleis by en braai tot goudbruin. Voeg tamaties, split-ertjies en aftreksel by.Verlaag hitte en laat prut stadig vir 2 uur met deksel op.Voeg kekerertjies by en kook vir 15 minute. Geur goed met sout en peper. Roer net voor ete gekapte koljander by.As sop te dik is, roer nog aftreksel by.