sk07langtafels04
Resepte

Mosselroomsop

(4 porsies)

  • 80 g botter
  • 1 middelslag ui, gekap
  • 15 ml gekapte knoffel
  • 100 g meel
  • 600 ml groente- of hoenderaftreksel
  • 150 ml witwyn
  • 50 ml bevrore mosselvleis
  • 125 ml room
  • 125 ml crème fraîche
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Smelt die botter in ‘n 2-liter-pot. Soteer die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg die meel by en roer goed. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Meng die aftreksel en wyn en voeg ‘n bietjie by die uiemengsel om ‘n gladde pasta te vorm. Sit terug op die plaat en voeg die res van die aftreksel en wyn stadig by. Verhit tot kookpunt en kook tot dit verdik. Voeg die helfte van die mossels by. Verhit weer tot kookpunt. Verwyder van die hitte, laat effens afkoel en verpulp. Voeg die res van die mossels by en verhit weer tot kookpunt. Heel laaste word die room en crème fraîche bygevoeg. Laat staan eenkant sodat die smaak kan ontwikkel. Maak die sop weer warm net voor jy dit voorsit, maar moenie dat dit kook nie.