sk08_3sop02
Resepte

Rys-en-aartappelsop

(4 – 6 porsies) 50 minute

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 wortel, in klein blokkies gesny
  • 2 selderystokkies, in skywe gesny
  • 4 aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
  • 500 ml hoender-aftreksel
  • 200 g risotto-rys
  • 1 liter hoender-aftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sowat 50 ml fyngekapte pietersielie
  • 100 g pecorino-kaas, gerasper

Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol. Braai die ui, wortel en seldery tot sag en deurskynend. Voeg die aartappels by en braai vir sowat 5 minute. Voeg die 500 ml hoender-aftreksel by. Prut vir 20 minute. Voeg die rys en die liter hoender-aftreksel by. Verbeel jou jy maak ’n risotto, want jy sal by die stoof moet staan en aanhou roer tot die rys sag en geswel is – dit sal 20 tot 25 minute vat. Geur met sout en swartpeper. Voeg die pietersielie en pecorino-kaas by net voor jy dit voorsit. Jy kan ook croutons (gebraaide broodblokkies) en ekstra pecorino-kaas saam voorsit.