Sampioenroomsop met gevulde sampioene

Sampioenroomsop met gevulde sampioene FOTO: Micky Hoyle

Resepte

Sampioenroomsop met gevulde sampioene

Met ń pot vol stomende sop kan jy hierdie winter ń hele spul mense heerlik laat smul. Vul ń groot pot sampioen of voeg ń lamskenkel by en maak jou sop ekstra spesiaal soos ons Sampioenroomsop met gevulde sampioene

Die room maak die sop nogal ryk, en die gevulde sampioen is ook baie vullend – waarlik ’n maaltyd op sy eie.

genoeg vir 6

Gevulde sampioene
• 40 ml olyfolie
• 250 g strepiespek (streaky)
• 400 g chevin-bokmelkkaas
• hand vol vars basiliekruidblare, grofgekap
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 6 groot bruin sampioene
• sowat 60 ml olyfolie

Sampioenroomsop
• 60 g (65 ml) botter
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 500 g portabellini-sampioene, in kwarte gesny
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 ml melk
• 250 ml room

Gevulde sampioene Verhit oond tot 200 °C. Verhit die 40 ml olyfolie in ’n pan en braai spek tot bros. Dreineer spek op kombuispapier. Plaas bokmelkkaas in ’n mengbak. Voeg gebraaide spek en basiliekruid by. Meng goed en geur met sout en peper. Vul sampioene met vulsel en plaas in oondbraaibak. Sprinkel 60 ml olyfolie oor en bak sowat 30 minute in warm oond.

Sampioenroomsop Smelt botter in diep kastrol en braai ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg gesnyde sampioene by. Geur met sout en peper en maak kastrol toe met deksel. Laat kook tot sampioene sag is. Skep sampioenmengsel in voedselverwerker en verpulp. Skep terug in kastrol en voeg melk en room by. Geur weer indien nodig. Verhit tot net voor kookpunt. Skep sop in opdienbakkies en plaas ’n sampioen in middel van sop

Sampioenroomsop met gevulde sampioene

Sampioenroomsop met gevulde sampioene
FOTO: Micky Hoyle