Resepte

Sampioensop

(4 porsies)

Verhit 15 ml olyfolie en 15 ml botter en voeg 1 gekapte ui by. Braai ui tot sag en deurskynend. Voeg 2 gekapte knoffelhuisies en 3 pakke (250 g elk) gesnyde sampioene by. Braai sowat 5 minute. Voeg 200 ml groente-aftreksel en 250 ml room by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Laat prut sowat 15 minute. Skep helfte van sop uit en gooi in voedselverwerker. Verpulp tot glad en voeg terug in kastrol. Laat weer warm word en sit voor saam met roosterbrood.