FOTO Donna Lewis

Kos

Sampioensop met steurgarnale

genoeg vir 8

• 40 g (45 ml) botter
• 6 stingels grasuie (chives), fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 500 g bruin sampioene, gehalveer
• 500 ml hoenderaftreksel
• 125 ml room
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 30 ml olyfolie
• 16 steurgarnale, doppe verwyder en skoongemaak

Verhit botter tot warm in middelslagpot. Voeg ui en knoffel by en roerbraai vir 2 minute. Voeg sampioene by en roerbraai ’n verdere 5 – 8 minute of tot goudbruin. Gooi aftreksel by en verlaag hitte. Laat prut vir 15 – 20 minute of tot vloeistof met helfte verminder het. Gooi room by en verhoog hitte. Laat kook tot room met ⅓ weggekook het. Geur goed met sout en peper. Gebruik staafmenger en verwerk tot puree. Verhit olyfolie tot warm in braaipan en roerbraai garnale tot goudbruin en gaar. Geur goed met sout en peper. Skep sop in klein koppies van jou keuse en pak garnale bo-op. Sit voor.