FOTO Lee Malan

FOTO Lee Malan

Resepte

Sampioensop

4 – 6 Porsies

• 45 ml olyfolie
• 45 ml botter
• 1 ui, grofgekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 200 g portabellinisampioene, grofgekap
• 2 takkies origanum, fyngekap
• 500 ml hoenderaftreksel
• 250 ml laevet-room
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olie en botter tot warm in middelslag-pot. Voeg ui en knoffel by. Verlaag hitte en laat mengsel sweet tot lig en deurskynend. Voeg sampioene en origanum by en braai stadig tot sampioene sag en gaar is. Voeg aftreksel by en verlaag hitte. Laat stadig oop prut tot vloeistof helfte minder is. Voeg room by en laat prut tot weer met helfte verminder het. Geur goed met sout en swartpeper. Puree sop tot glad in voedselverwerker. Sit warm voor.

Om te drink
Neethlingshof se Gewürztraminer 2010 of Hazendal se De Haas Rosé.