Resepte

Tamatie-broodsop

(4 porsies) 35 minute

  • 90 ml olyfolie
  • 2 handevol vars basiliekruidblare, grof gebreek
  • 1 liter hoender-aftreksel
  • 2 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
  • 4 dik snye ciabatta-brood, in groot stukke gebreek
  • 2 x 400 g geblikte, gebreekte tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Voeg een handvol basiliekruidblare en 500 ml hoender-aftreksel by. Voeg die knoffel by wanneer die aftreksel begin kook. Kook vir 5 minute. Voeg die brood by en braai tot al die aftreksel geabsorbeer is. Die brood moet nou effens bros raak. Voeg die tamaties en die ander 500 ml hoender-aftreksel by en kook vir 15 minute. Geur met die ander handvol gebreekte vars basiliekruid, sout en swartpeper. Sprinkel nog ’n bietjie olyfolie oor net voor jy die sop voorsit.