Foto deur Donna Lewis SARIE KOS DES 13/JAN 14

Resepte

Tamatie-consommè

Gewild onder almal wat hou van tamatie se skerp smaak. Dis vars en heerlik.
Genoeg vir 6

• 1 rooi-ui, grofgekap
• 45 ml rooiwyn-asyn
• 2 brandrissies, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 250 g baba-rosa-tamaties
• sout en varsgemaalde swartpeper
• hand vol koljander, fyngekap

Salsa
• ½ rooi-ui, baie fyn gesny
• 200 g baba-rosa-tamaties, gehalveer
• hand vol koljander, fyngekap

Dag voor Kersfees Plaas al die bestanddele vir die consommé in ’n voedselverwerker en puree by hoë spoed tot baie fyn – hoe fyner die mengsel, hoe meer smaak het dit. Vou melkdoek van 1 x 1 m dubbel en maak effens klam. Plaas doek in groot mengbak. gooi tamatiepuree in doek. Bring die punte daarvan na die middel en bind stewig vas met kombuistou. lig die doek op en hang sowat 20 cm bo die bak in yskas sodat die tamatievloeistof stadig uitdrup. los oornag.
Kersdag Gooi melkdoek weg en proe aan die tamatievloeistof. Pas geur aan met sout en peper. Meng al die bestanddele vir die salsa saam en verdeel tussen 6 glase van jou keuse. Gooi yskoue tamatievloeistof bo-oor en sit voor.