Foto ter illustrasie
FOTO: Micky Hoyle

Foto ter illustrasie FOTO: Micky Hoyle

Resepte

Tamatie-en-basieliekruidsop

Verhit oond tot 220 °C. Plaas 10 gehalveerde tamaties op bakplaat. Sprinkel 2 gekapte knoffelhuisies en 45 ml olyfolie oor. Oondbraai 10 minute. Verhit 45 ml botter tot warm in middelslag-pot. Voeg 1 gekapte ui en 2/3 van gebraaide tamaties by. Braai 5 minute liggies. Voeg 250 ml rooiwyn en 1 x 400 g-blik kersietamaties by. Laat 10 minute vinnig kook. Voeg 250 ml room en hand vol basiliekruidblare by en bring tot kookpunt. Verpulp mengsel tot glad in voedselverwerker. Geur goed met sout en swartpeper. Sit warm voor met brood en oorblywende gebraaide tamaties.