FOTO Donna Lewis SARIE JULIE 2014

Resepte

Tamatie-en-ravioli-sop

Rooster die tamaties in die oond voor jy die sop maak vir meer geur. Gebruik klaargemaakte ravioli wat jy by jou supermark koop.

genoeg vir 6

• 10 tamaties, gehalveer
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• 45 ml olyfolie
• 40 g (45 ml) botter
• 1 ui, gekap
• 250 ml rooiwyn
• 1 x 400 g-blik kersietamaties
• 250 ml room
• 1 hand vol basiliekruid
• 1 x 250 g-pakkie beesvleis-ravioli
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 220 °C. Pak tamaties op bakplaat. Sprinkel knoffel en olyfolie oor. Plaas in warm oond en rooster vir 10 minute. Verhit botter tot warm in middelslagpot. Voeg ui en van geroosterde tamaties by. Braai liggies vir 5 minute. Voeg rooiwyn en kersietamaties by. Laat kook vinnig vir 10 minute. Voeg room en basiliekruid by en bring tot kookpunt. Verwerk mengsel tot gladde puree in voedselverwerker. Gooi terug in pot en voeg ravioli by. Bring tot kookpunt en laat kook vir 8 – 10 minute of tot ravioli gaar is. Geur goed met sout en peper. Sit warm voor met brood en oorblywende gebakte tamaties.