Tamatie-en-vis-sop
Resepte

Tamatie-en-vis-sop

  • skil van een lemoen
  • 1 kg bevrore stokvis
  • 3 blikke All Gold Fresh Cut Peeled & Diced Tomatoes with Garlic, Basil & Origanum
  • 175 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 5 ml borrie
  • 2 lourierblare
  • 1 handvol pietersielie, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Aïoli

  • 250 ml romerige mayonnaise
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap

Verhit jou oond tot 180 ºC. Sny die buitenste skil van die lemoen (sonder die wit gedeelte) in dik stroke. Plaas op ’n bakplaat in jou oond. Die skil moet uitdroog – dit sal so 20 minute neem. Ontdooi die vis en sny dit in hap-grootte blokkies. Plaas nou al die bestanddele (behalwe die mayonnaise en twee knoffelhuisies) in ’n kastrol en geur met sout en swartpeper. Bring tot kookpunt op die stoof en kook vir 12 – 15 minute. Meng intussen die mayonnaise en knoffel en bedien die aïoli saam met die sop – skep ’n lepelvol bo-op.