Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Pasta

Tortellini-groentesop

Pasta in sop is altyd heerlik.
(genoeg vir 4)

  • 15 ml olyfolie
  • 2 wortels, skoongeskraap en in blokkies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 liter groenteaftreksel
  • 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
  • 100 g dun groen Franse bone
  • 100 g bevrore ertjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 250 g-pak spinasie-en-ricottakaastortellini

Vir bo-op

  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper
  • basiliekruid-mikrokruie

Verhit olyfolie in kastrol. voeg wortels, ui en knoffel by. Braai tot uie sag is. voeg aftreksel en tamaties by en laat kook oop vir 10 minute. Voeg bone en ertjies by en laat verder oop kook vir nog so 10 minute. Geur met sout en peper. Voeg tortellini by en laat kook oop vir sowat 2 – 3 minute. Skep in sopbakkies en sprinkel kaas en mikrokruie bo-op.