FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Resepte

Basilie-pesto

6 – 8 porsies

• 60 g basilie
• 60 ml olyfolie
• 100 g parmesaankaas, gerasper
• 4 knoffelhuisies, gekap
• 100 g gevlokte amandels
• sap en skil van 1 suurlemoen
• sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas basilie, olie, parmesaan, knoffel en amandels in ’n voedselverwerker. Verwerk tot ’n gladde mengsel. Voeg sap en skil van suurlemoen by en meng goed. Geur met sout en swartpeper.

Wenk: Hou die pesto in lugdigte houers in jou yskas. Sit voor saam met varsgebakte brood en kouevleis vir ’n ligte maaltyd.