Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS Augustus/September 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS Augustus/September 2014

Resepte

Béarnaise-sous

’n Heerlike, botterige sous. Die smaak van dragon is vir die meeste mense effens vreemd, maar jy leer vinnig om daarvan te hou. Die sous werk veral goed saam met steak

Genoeg vir 4

• 30 ml witwyn-asyn
• 30 ml witwyn
• ¼ wit ui, baie fyn gekap
• sowat 4 heel peperkorrels
• 15 ml droë dragon
• 3 eiergele
• 15 ml water
• 175 g (190 ml) ongesoute botter, in blokkies gesny
• sout
• 5 ml suurlemoensap

Stap 1. Gooi asyn, wyn, ui, peperkorrels en helfte van dragon in ’n kastrol. Bring tot kookpunt op stoofplaat. Laat afkook tot minstens 15 ml vloeistof oorbly. Gooi deur sif en hou vloeistof. Gooi inhoud van sif weg.

 

Stap 1

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Gooi die 15 ml aftreksel in ’n mengbak en voeg eiergele en water by. Klits tot lig.

 

Stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Gooi mengsel in ’n kastrol en plaas op stoofplaat op lae hitte. Roer aanhoudend, anders sal die eier gaar word. Lig kastrol nou en dan op. Roer tot sous lekker dik is.

 

Stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Voeg botter blokkie vir blokkie by en roer goed ná elke byvoeging. Wanneer al die botter bygevoeg is, moet die sous lekker dik wees soos mayonnaise. Geur met sout en voeg die suurlemoensap by. Voeg ander helfte van dragon by. Sit dadelik voor.

 

Stap 4

Stap 4