Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS JUN/JUL 2012

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS JUN/JUL 2012

Resepte

Bruinsous

Jy kan die basiese bruinsous omskep in enige geur van jou keuse.

  • 15 ml olyfolie
  • 250 g spek, gekap
  • 1 ui, grofgekap
  • 2 wortels, gekap
  • 1 000 ml beesaftreksel
  • hand vol tiemie, gekap
  • 30 ml koekmeel
  • 60 ml water
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pot. Voeg spek, ui en wortels by. Braai 5 – 8 minute of tot goudbruin. Voeg aftreksel en tiemie by. Verlaag hitte en laat prut stadig vir 25 – 30 minute of tot aftreksel met helfte verminder het. Verwyder van hitte en gooi deur sif sodat net sous oorbly. Plaas bruinsous terug in pot. Meng koekmeel met water en gooi by bruinsous. Roer oor lae hitte met draadklitser tot mengsel verdik. Kook 5 minute. Verwyder van hitte. Proe en geur dan met sout en peper na smaak. Sit voor saam met pastei of gebruik een van die variasies wat volg.