Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS Augustus/September 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS Augustus/September 2014

Resepte

Franse mayonnaise(aïola)

Gebruik ’n ligte olyfolie om hierdie mayonnaise te maak. Dis ideaal as doopsous vir vars groente.

Genoeg vir 6 – 8

• 1 heel knoffelbol
• sowat 20 ml olyfolie
• 4 eiergele
• 2,5 ml sout
• 30 ml suurlemoensap
• 500 ml olyfolie
• 20 ml fyngekapte pietersielie

Stap 1. Verhit oond tot 180 °C. Sny knoffelbol bo oop. Plaas op foelie of bakpapier. Gooi 20 ml olyfolie oor en vou foelie/bakpapier toe. Plaas bedekte knoffelbol op bakplaat. Oondbraai sowat 30 minute in warm oond tot knoffel baie sag is.

 

Stap 1

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Plaas eiergele, sout en suurlemoensap in ’n mengbak. Druk sagte knoffel uit huisies en maak seker daar is geen skil by nie. Klits eiergele en knoffel goed saam met ballonklitser.

 

Stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Gooi olie in dun straaltjie by eiermengsel terwyl jy heeltyd klits. Wanneer al die olie bygevoeg is, sal die mayonnaise dik wees.

 

Stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Voeg fyngekapte pietersielie by en meng deur. Sit voor met vars groente.

 

Stap 4

Stap 4