Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Gekookte mosterdsous

(4 porsies)

  • 2 eiers
  • 100 ml water
  • 20 ml mosterdpoeier
  • 10 ml mielieblom
  • 3 ml sout
  • 50 ml suiker
  • 100 ml wit asyn

Klits eiers in ’n mengbak wat pas oor ’n verhitte kastrol met kookwater in. Voeg res van bestanddele by en klits goed. Hou aan met roer oor die kookwater tot die sous lekker dik is. Werk versigtig, want die eiers kan skei.

Wenk

Sit ’n stuk kleefplastiek direk op die sous as jy dit nie dadelik gaan voorsit nie. Dit sal keer dat ’n vel bo-op vorm.