Resepte

Gerookte hollandaise

genoeg vir 6

  • 3 eiers
  • sap en skil van 1 suurlemoen
  • 30 ml witwynasyn
  • 250 g (270 ml) gerookte botter
  • 30 ml korrelmosterd
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Skei eiers. Plaas eiergele, suurlemoensap en asyn in ’n versapper en meng goed.Smelt botter en gooi in ’n maatbeker. Voeg die gesmelte botter in ’n baie dun straaltjie by eiermengsel terwyl die versapper heeltyd loop. Dis soos om mayonnaise te maak.Wanneer al die botter bygevoeg is, sal die sous die tekstuur van vla hê. Roer korrelmosterd by en geur goed. Sit voor saam met aspersie-soldate.