Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Geroosterde knoffelmayonnaise

(6 – 8 PORSIES)

  • 2 heel knoffelhuisies, in die lengte gehalveer
  • 45 ml olyfolie
  • 2 eiergele
  • 45 ml Engelse mosterd
  • 250 ml sonneblomolie
  • sap van 2 suurlemoene
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas knoffel op oondplaat en gooi olyfolie bo-oor. Rooster vir 20 – 30 minute of tot knoffel sag en pap is. Laat dit afkoel en druk gaar knoffel uit die skil uit. Plaas eiergele, mosterd en
gaar knoffel in ’n mediumgroot mengbak. Klits met elektriese klitser terwyl jy olie baie stadig byvoeg. Hou aan klits tot dik en romerig. Voeg sap en skil van suurlemoene by en meng goed. Geur goed met sout en swartpeper.