Foto deur Donna Lewis SARIE MEI 2014-uitgawe

Resepte

Groenpeperkorrel-sous

Kyk by jou naaste supermark vir ingelegde peperkorrels – hulle smaak is baie anders as swartpeper s’n.
sowat 300 ml

  • 30 ml botter
  • 1⁄2 ui
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 30 ml brandewyn
  • 30 ml groenpeperkorrels
  • 250 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit ’n middelslagpot tot warm en voeg botter by. Voeg ui en knoffel by. Braai vir 5 minute of tot goudbruin. Voeg brandewyn en peperkorrels by. Laat helfte van die vloeistof wegkook. Voeg room by en verlaag die hitte tot mengsel stadig prut. Laat prut tot dit met die helfte verminder het, sowat 8 – 10 minute. Geur goed.