Foto's deur Micky Hoyle

Resepte

Groentesop

(4 – 6 PORSIES)

  • ½ groot ui, gekap
  • 2 groot knoffelhuisies, fyngedruk
  • 2 selderystingels, gekap
  • 3 eetlepels olyfolie
  • 1 teelepel Himalaja-sout
  • 2 wortels, in skyfies gesny
  • 2 tamaties, gekap
  • 2 medium-aartappels, gekap
  • 2 murgpampoentjies, gekap
  • 1½ koppies groenbone, gekap
  • 1 blikkie (410 g) pitmielies
  • 2 lourierblare
  • 1½ liter (6 koppies) groente-aftreksel
  • ½ koppie rooiwyn
  • 2 koppies water
  • 1 eetlepel rooiwynasyn
  • swartpeper na smaak

Verhit die olie oor medium hitte in ’n groot soppot. Braai uie, knoffel en seldery tot uie deursigtig raak. Voeg sout, wortels, tamaties, aartappels, murgpampoentjies, bone, mielies en lourierblare by. Meng goed en kook vir vyf minute. Roer af en toe. Voeg die groente-aftreksel, wyn, water en asyn by en meng goed. Laat dit kook en draai hitte af. Laat omtrent ’n uur lank prut, of totdat aartappels gaar is. Sit voor met brood.