Resepte

Hollandaise-sous

  • 4 eiergele
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 20 ml suurlemoensap
  • 180 g ongesoute botter

Klits die eiergele, 1 ml sout en ’n paar draaie varsgemaalde swartpeper in jou versapper. Smelt intussen die suurlemoensap en ongesoute botter saam oor lae hitte. Terwyl die eiergele nog in die versapper klits, voeg jy die gesmelte suurlemoenbotter stadig in ’n dun straaltjie by. Die sous sal verdik. Sit dadelik voor. Dit is heerlik by geroosterde salm, beesfilet of aspersies.