Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Resepte

Kaassous

Die kaassous word van ʼn basiese witsous gemaak en dis makliker as wat jy dink. Die geheim is om te keer dat klonte worm – ek doen dit met ʼn ballonklitser.

  • 60 g (60 ml) botter
  • 35 g (60 ml) koekmeel
  • 400 ml warm melk
  • 120 g sterk cheddarkaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Stap 1. Plaas botter in ’n kastrol en laat smelt oor lae hitte.

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Verwyder van hitte en voeg meel by. Roer baie goed tot ’n gladde pasta vorm.

 

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Plaas terug op stoofplaat en voeg die warm melk by terwyl jy heeltyd roer met ’n ballonklitser om klonte te voorkom.

 

Stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Hou aan roer tot die sous verdik het – dis die basiese witsous. Voeg nou die gerasperde kaas by en roer goed tot kaas gesmelt het. Geur die kaassous met sout en peper.

 

Stap 4

Stap 4