Foto deur Donna Lewis SARIE JUNIE 2014

Resepte

Koue griekse aartappelsous

Die Grieke noem dit skordalia – dis ’n goue sous van aartappels wat jy saam met lamsboud of hoender kan eet.
genoeg vir 6 – 8

  • 680 g (sowat 6) aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 250 ml olyfolie
  • 60 ml witwyn-asyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas aartappelblokkies in pot met koue water en bring tot kookpunt. Kook tot baie sag, sowat 10 – 15 minute. Dreineer en plaas in voedselverwerker saam met knoffel en olyfolie. Verwerk op hoë spoed tot gladde mengsel. Laat loop menger terwyl jy die asyn byvoeg. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor met ekstra olyfolie as bykos.