Resepte

Kruie-mayonnaise

  • 3 groot eiergele
  • 5 ml Dijon-mosterd
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • tikkie suiker
  • 250 ml vars gekapte basiliekruid, dille en pietersielie
  • 30 ml suurlemoensap
  • 250 ml olyfolie
  • 250 ml sonneblomolie

Gebruik ’n elektriese handmenger en versap al die bestanddele, behalwe die twee olies, saam. Voeg die olies druppel vir druppel by terwyl die menger loop. Wanneer die mayonnaise dik begin raak, kan die olie ’n bietjie vinniger bygevoeg word.