Foto deur Donna Lewis
SARIE MEI 2014-uitgawe

Foto deur Donna Lewis SARIE MEI 2014-uitgawe

Resepte

Kruiebotter-sous

sowat 300 ml

200 g (220 ml) botter
2 knoffelhuisies, gekap
15 ml roosmaryn, gekap
15 ml origanum, gekap
10 ml tiemie, gekap
15 ml pietersielie, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper

Laat botter sag word en gebruik ’n houtlepel om dit te klop tot lig en romerig. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Geur met sout en peper. Hou buite die yskas terwyl jy jou steak braai om seker te maak dit bly sag en maklik om te skep.