Foto duer Micky Hoyle
SARIE KOS JUN/JUL 2014

Foto duer Micky Hoyle SARIE KOS JUN/JUL 2014

Resepte

Lamsboud met basieliekruid-en-pietersieliesous

Ek hou van sagte lamsvleis, dis hoekom ek dit lank in die oond gaarmaak.

Genoeg vir 8 – 10
• 1 lamsboud van sowat 3 kg
• 60 – 80 ml olyfolie
• sap van 1 suurlemoen
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Basiliekruid-en-pietersieliesous
• 30 g krulblaar-pietersielie
• hand vol vars basiliekruidblare
• 100 g ontpitte groen olywe
• 2 knoffelhuisies
• 30 ml olyfolie
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Plaas lamsboud in groot oondbraaibak. Gooi olyfolie en suurlemoensap oor. Vryf knoffel bo-op en geur met sout en peper. Plaas in oond en oondbraai 30 minute tot vleis bruin is. Haal uit en maak bak toe met tinfoelie. Verlaag hitte tot 120 °C en plaas terug in oond. Oondbraai 8 uur. Maak nou die sous. Plaas pietersielie en basiliekruid in ’n voedselverwerker. Kap fyn en voeg olywe en knoffel by. Kap weer fyn. Voeg olyfolie by en geur met sout en peper. Haal boud uit oond en plaas op opdienbord of plank. Gooi sous onmiddellik oor en sit voor.