Foto deur Donna Lewis SARIE MEI 2014-uitgawe

Resepte

Mosterdsous

sowat 400 ml

  • 15 ml olyfolie
  • 1⁄2 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 100 g spek
  • 15 ml rooiwynasyn
  • 30 ml witwyn
  • 250 ml beesaftreksel
  • 250 ml room
  • 30 ml korrelmosterd
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in ’n pot tot warm. Braai ui, knoffel en spek tot goud- bruin, sowat 5 – 8 minute. Gooi rooiwynasyn en witwyn by en laat kook helfte weg, sowat 3 minute. Voeg aftreksel by en verlaag hitte. Laat stadig prut tot die vloeistof met helfte verminder het, sowat 10 – 12 minute. Voeg room by en laat verder prut, weer tot vloeistof met helfte verminder het. Gooi die hele mengsel deur ’n sif en gooi dit wat in die sif agterbly, weg. Roer mosterd by en geur goed met sout en varsgemaalde swartpeper.