Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Resepte

Sampioen-roomsous

Ek hou regtig baie van sampioensous, want jy kan dit saam met ʼn burger, steak of ʼn schnitzel van jou keuse eet.

  • 500 g wit sampioene
  • 15 ml (15 g) botter
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 500 ml room
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Stap 1. Sny sampioene in dun skyfies.

Sny samioene in dun skyfies

 

Stap 2. Smelt botter in pan en voeg gesnyde sampioene by. Braai tot sampioene begin sag word en ’n natuurlike sous vorm. Moenie die sous afgooi nie – dis waar al die lekker lê.

 

Stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Voeg die helfte van die room by. Laat kook oop tot die room verdik.

 

Stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Voeg nou die res van die room by en laat verder kook tot room en sous lekker dik is. Geur met sout en peper.

 

Stap 4