Foto deur Micky Hoyle

Resepte

Soetrissiesous

Resep deur Nadège Leipoittevin-Dasse

Soetrissiesous
• 1 rooi soetrissie, skoongemaak
• 1 knoffelhuisie
• 60 ml olyfolie
• 125 ml jogurt
• hand vol kasjoeneute
• groot knippie rooipeper

Sny soetrissie in growwe stukke en plaas saam met res van bestanddele in ’n voedselverwerker. Verpulp tot glad. Keer gestolde terrien uit op houtbord en sny in porsies met skerp mes. Plaas skywe op opdienbord en skep soetrissiesous oor. Garneer met vars grasuie.