Foto deur Lee Malan

Foto deur Lee Malan

Resepte

Tamatie-basissous

(sowat 400 ml)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 x 30 g-blik tamatiepuree
  • 1 x 400 g-blik kersietamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olie tot warm in ’n middelslag-pot. Voeg ui en knoffel by. Braai liggies vir 5 minute. Voeg tamatiepuree en blik tamaties by. Verlaag hitte en laat prut stadig vir 12 – 15 minute. Geur goed met sout en swartpeper.