Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Resepte

Tamatie-brandrissiesous

Brandrissiesous smaak veral lekker by ʼn burger.

  • 8 groot rosa-tamaties
  • 2 uie, fyngekap
  • 3 klein rooi brandrissies, gekap
  • 1 rooi soetrissie, pitte verwyder en in klein blokkies gesny
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 1 x 70 g-blikkie tamatiepasta
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Stap  1. Maak ’n kruisie met ’n skerp mes aan die onderkant van elke tamatie. Plaas in bak en gooi kookwater oor. Laat staan sowat 1 minuut. Haal uit kookwater en trek die velle af.

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Sny tamaties in klein blokkies en plaas saam met uie, brandrissies en soetrissie in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en maak toe met deksel. Verlaag hitte en laat prut 1½ uur. Roer nou en dan.

 

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Haal kastrol van hitte af. Laat staan sowat 10 minute en verpulp met ’n staafmenger (stick blender) tot ’n puree.

 

Stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Plaas terug op die stoof en voeg suiker en tamatiepasta by. Geur met sout en peper. Laat prut oop vir nog ’n halfuur. Roer nou en dan om seker te maak die suiker brand nie vas onder nie. Laat afkoel en gooi in bottels.

 

Stap 4

 

 

 

 

 

 

 

 

Wenk
Die sous sal lank hou as jy dit in gesteriliseerde bottels gooi.