FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Resepte

Geroosterde tamatiesmoor

6 – 8 porsies

• 600 g kersietamaties
• 4 knoffelhuisies, gekap
• 30 ml tiemie, gekap
• 60 ml olyfolie
• 1 ui, gekap
• 1 x 400 g-blik tamaties
• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 200 °C. Plaas tamaties, knoffel en tiemie saam in ’n mediumgroot oondpan. Plaas in warm oond en rooster stadig tot tamatieskilletjies bars en begin verkleur – sowat 15 – 20 minute. Verhit olyfolie in ’n mediumgroot pot en voeg die uie by. Braai uie stadig tot dit begin verkleur. Voeg die gebakte tamaties en bliktamaties by en verlaag hitte. Geur goed met sout en swartpeper. Laat stadig prut tot vloeistof met die helfte verminder het – dit neem so 10 – 15 minute.