Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Uiemarmalade

(6 – 8 PORSIES)

  • 60 ml olyfolie
  • 80 ml botter
  • 6 uie, in dun ringe gesny
  • 45 ml bruinsuiker
  • 200 ml balsemasyn

Verhit olyfolie en botter tot warm in ’n mediumgroot pot. Voeg uie by en braai stadig tot dit begin verbruin – sowat 5 – 8 minute. Voeg bruinsuiker en asyn by en verlaag die hitte. Laat stadig prut tot mengsel begin karameliseer en konfytagtig lyk. Dit sal 10 –15 minute neem.

Wenk: As dit lyk of die mengsel begin brand voor dit lekker taai is, kan jy ’n klein bietjie water byvoeg en dit verder laat kook.