sk0812burgers04
Resepte

Visburger met tartare-sous

(6 porsies)

  • 2 eiers, geklits
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 6 bevrore stokvis-filette, ontdooi
  • 250 g droë broodkrummels
  • sowat 50 ml sonneblomolie
  • 6 pitabrode

sit voor saam met

  • hand vol vars roket
  • uieringe
  • tartare-sous

Tartare-sous

  • 250 ml mayonnaise
  • 2 agurkies, in klein blokkies gesny
  • sowat 8 kappertjiesade, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 180 °C. Geur die geklitste eiers met sout en swartpeper. Doop die vis in die geklitste eier en rol in die broodkrummels. Gooi die olie op ’n bakplaat en plaas die vis daarin. Rooster in die oond vir sowat 20 minute tot goudbruin en gaar. Intussen kan jy die pitabrode in ’n riffelpan weerskante warm maak – of in die oond. Meng al die bestanddele vir die tartare-sous. Haal die vis uit die oond. Sny die pitabrode versigtig oop en sit roket binne-in. Plaas ’n stuk vis binne-in en sit voor saam met uieringe en die tartare-sous.

Om te drink
’n Yskoue glas Perdeberg Chenin Blanc.