FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Kos

Spek-aartappel-en-kaaspastei

genoeg vir 1 groot pastei

Verhit oond tot 180 °C. Skil gaar aartappels en sny in skywe. Verhit sowat 30 ml olyfolie en braai 4 repies strepiespek (in blokkies gesny) tot bros. Skep uit en dreineer op kombuispapier. Sny 1 groot sirkel uit 1 x 400 g-vel blaardeeg. Pak 1 laag aartappels bo-op, maar hou ’n rand van sowat 3 cm oop. Smeer bietjie van 125 g crème fraîche bo-op en sprinkel bietjie van 100 g gerasperde cheddarkaas bo-op. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Herhaal lae met res van bestanddele.

Sny ’n groter sirkel uit nog ’n vel blaardeeg en plaas bo-op. Druk rand stewig vas. Plaas op uitgevoerde bakplaat en verf met 1 geklitste eier. Versier bo-op met oorskietdeeg en plaas in oond. Bak 30 – 45 minute.