FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Kos

Spinasie-en-fetakaaspastei

genoeg vir 4 pasteie

Verhit oond tot 180 °C. Dompel 200 g baba-spinasieblare in kookwater en laat staan tot verwelk. Dreineer in vergiettes en druk oortollige vloeistof uit. Kap spinasie fyn. Verhit 30 ml olyfolie in ’n pan en braai halwe gekapte ui en 2 knoffelhuisies tot ui sag en deurskynend is. Voeg spinasie by en braai sowat 5 minute.

Laat afkoel en krummel 3 wiele fetakaas by. Meng en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Sny vier groot vierkante uit 2 x 400 g-velle blaardeeg. Smeer rande met 1 geklitste eier en skep vulsel aan die een kant van elke stuk deeg. Vou toe en druk stewig vas. Verf met res van geklitste eier en plaas op uitgevoerde bakplaat. Plaas in oond en bak 30 – 35 minute.