Bobotie pastei

Bobotie pastei FOTO Micky Hoyle

Kos

Springbokwildspastei

genoeg vir 4 pasteie

Sny been uit sowat 500 g springbokvleis en sny in groot stukke. Verhit 20 ml olyfolie in ’n groot kastrol en braai 1 gekapte ui en 100 g blokkies strepiespek so 8 minute. Voeg vleis by en braai nog 10 minute. Voeg 20 ml bruin asyn, sout en varsgemaalde swartpeper, 1 lourierblaar en 250 ml water by. Maak kastrol toe met deksel en laat so 4 uur stadig prut.

Maak vleis los met vurk en laat afkoel. Verhit oond tot 180 °C. Spuit 4 holtes van groot muffinpan met kleefwerende kossproei. Voer uit met 1 x 400 g-vel blaardeeg. Skep vulsel in en sny 4 doppies uit nog ’n vel blaardeeg. Plaas op vulsel en verf met 1 geklitste eier. Sny ’n springbokkop uit res van deeg en plaas bo-op. Verf met geklitste eier en bak 30 – 35 minute.