FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Bykos

Spruitkool met parmesaanroom

’n Nuwe manier om blomkool en witsous te maak

genoeg vir 8

• 75 g (80 ml) botter
• 4 knoffelhuisies, fyngekap
• 500 ml room
• 100 g parmesaankaas, gerasper, plus ekstra vir voorsit
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 600 g spruitkool (Brussels sprouts)
• 5 ml neutmuskaat

Plaas botter en knoffel in groot pot en bring tot kookpunt. Verlaag hitte tot botter stadig prut. Laat prut 5 – 8 minute of tot botter tot goudbruin verkleur. Voeg room by en meng deur met lepel. Verhoog hitte en kook tot room met helfte verminder het – 8 – 10 minute. Roer elke 2 minute. Verwyder van hitte en voeg parmesaan by. Meng goed. Geur met sout en peper. Hou sous eenkant.

Bring pot met water tot kookpunt en gooi spruitkool in. Kook 5 – 8 minute of tot kool sag maar steeds ferm is. Dreineer en plaas op opdienbord. Geur kool goed met sout en swartpeper. Gooi warm sous oor. Sprinkel neutmuskaat en ekstra parmesaan oor. Sit voor.