sarie015
Resepte

Artisjokke

Hoe kook en eet jy ’n artisjok?

Verwyder eerste die harde blare aan die buitekant voor jy dit kook. Sny dan die boonste punte van die artisjok gelyk. As dit ’n lang steel het soos op die foto, moet dit afgesny word sodat die artisjok regop op ’n bord staan. Kook dit in ’n kastrol met soutwater. Toets of dit sag is deur ’n skerp messie in te druk waar die steel afgesny is. Sit voor met heerlike suurlemoen-knoffelbotter. Gooi van die knoffelbotter oor elke artisjok. Begin eet die buitenste blare af. Die blare sal nog hard wees, maar aan die onderkant is daar ’n sagte deeltjie wat jy letterlik afsuig. Só werk jy deur die artisjok tot jy by die sagte binneste blare kom wat jy heel kan eet. Die bodem of hart heel onderin die artisjok is die eerste prys. Baie van die groter artisjokke het fyn haartjies op die hartgedeelte. Verwyder dit voor jy dit eet. Jy moet ook heeltyd die knoffelbotter oorgooi.