Foto's deur Donna Lewis

Resepte

Avokado-met-swartpeper op volgraanbrood

Net soos vis bevat avokadopeer heelwat omega 3-vetsure wat die “goeie” HDL-cholestrol in jou bloed verhoog en help om van die “slegte” LDLcholestrol ontslae te raak. Party oggende is ek nie lus vir muesli nie, en dan maak ek avokadopeer fyn en skep dit op geroosterde volgraanbrood  met ’n lae glukemiese indeks (rogbrood werk ook goed, maar jy sukkel om dit te rooster). Ek gooi ’n bietjie varsgemaalde swartpeper bo-oor en ’n paar druppels worcestersous.