Resepte

Basiliepesto

(Genoeg vir 350 ml)

  • 100 g parmesaankaas, fyngerasper
  • 1 x 80 g-sakkie basiliekruid
  • 1 x 100 g-pakkie dennepitte
  • olyfolie van goeie gehalte
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas kaas, basilie en dennepitte in voedselverwerker. Meng op hoë spoed. Gooi terwyl menger loop olyfolie in ’n dun straaltjie by tot dit ’n lekker dik, growwe pesto vorm. Jy kan meer olie bygooi vir ’n dunner sous. Geur goed met sout en peper. Sit voor of hou vir sowat 1 week in ’n glasfles in jou yskas.