Foto deur Donna Lewis SARIE KOS OKT/NOV 2013

Resepte

Blomkool-koeskoes

Daar’s nie koeskoes in dié slaai nie, al lyk dit so. Die basis is fyn blomkool wat vinnig in kookwater gaargemaak is.
Genoeg vir 6

• 1 kop (sowat 340 g) blomkool
• 45 ml olyfolie
• 20 ml korrelmosterd
• 2 wortels, in klein blokkies gesny
• hand vol basiliekruid, grofgekap
• 1 x 280 g-houer songedroogde tamaties, gedreineer en fyngesny
• 160 g swart olywe, ontpit
• 2 rooi brandrissies, fyngekap
• sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas blomkool in voedselverwerker en verwerk by hoë spoed tot fyn krummels. Plaas in mengbak en gooi kookwater oor. Laat staan 10 minute. Gooi deur sif en sit in groot slaaibak. Meng olyfolie en mosterd. Gooi res van bestanddele behalwe geurmiddels by kool saam met mosterdmengsel en meng deur. Geur goed met sout en swartpeper. Sit voor.