sk076hrtuis03
Resepte

Bone op roosterbrood

25 minute – 6 porsies

  • 45 ml olyfolie
  • 6 sprietuie, in skyfies gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 klein rooi brandrissies
  • 1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • 1 geel soetrissie, in blokkies gesny
  • 2 blikke rooibone, gedreineer
  • 15 ml balsemasyn
  • sout en vars gemaalde swartpeper
  • 2 snye brood per persoon
  • 1 camembertkaas, in skywe gesny

Verhit die olyfolie in ‘n pan en braai die sprietuie en knoffel vir so 2 minute. Gooi die rissies by. Braai vir nog 10 minute. Voeg die bone en asyn by. Geur en laat kook vir 10 minute. Rooster intussen die brood. Skep die bonemengsel op die roosterbrood en sit skywe kaas bo-op. Laat die kaas vinnig onder die roosterelement in die oond smelt.