Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2012

Resepte

Botterboon-crostini

Dié maklike resep sal die ergste hongerpyne stil terwyl julle vir die vleis wag.
Genoeg vir 6

  • 1 Franse brood, gesny
  • 2 blikke botterbone, gedreineer
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 50 ml olyfolie
  • 4 groot sprietuie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit die rooster-element van jou oond. Plaas die brood op ’n bakplaat en rooster weerskante tot mooi goudbruin. Jy kan nou die bone met ’n vurk fyndruk of in jou voedselverwerker grof kap. Moet net nie ’n pappery maak nie! Voeg die knoffel, olyfolie en sprietuie by. Geur met sout en swartpeper. Skep ’n groot lepelvol bo-op elke stukkie brood en sit voor met ekstra olyfolie.

Wat is crostini?
Crostini is Italiaans – dis klein geroosterde broodjies.


Om te drink

Oranjerivier Wynkelders Colombar