Resepte

Botterboon-patee

(4 – 6 porsies)

  • 2 blikke botterbone
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 ml droë paprika
  • sap van 1 suurlemoen
  • 100 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Dreineer die bone in ’n vergiettes en spoel goed af. Kap die bone saam met die knoffel in jou voedselverwerker fyn. Voeg die paprika, suurlemoensap en olyfolie by en meng goed. Geur met sout en swartpeper. Sprinkel ekstra olyfolie en paprika bo-oor.