sk1003pasta06
Pasta

Bottersous

(4 porsies)

  • 250 g sagte botter (moenie margarien gebruik nie)
  • gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 120 g gerasperde parmesaan-kaas
  • 30 g vars basiliekruid, grofgebreek
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 500 g tagliatellepasta

Meng sagte botter, suurlemoenskil, knoffel, parmesaan-kaas en basiliekruid in ‘n mengbak. Geur met sout en swartpeper. Hou eenkant. Kook pasta volgens aanwysings op pak, dreineer en meng warm pasta met bottersous.