6 uur tuis, eet half 7

Braaibroodjies in ‘n pan

(4 – 6 porsies)

  • 45 ml sagte botter
  • 12 snye witbrood
  • 60 ml blatjang
  • 150 g (12 skyfies) cheddarkaasvelle
  • 1 ui, in ringe gesny
  • 2 tamaties, in ringe gesny

Verhit ‘n riffelpan tot matig warm. Smeer brood met botter en draai botterkant na onder. Smeer 6 snye met blatjang, gevolg deur ‘n skyfie kaas. Verdeel uieringe tussen die 6 snye gevolg deur tamatieringe. Geur met sout en peper. Sit nog ‘n sny kaas op en plaas die ander 6 snye brood boop met botter na buite. Braai vir sowat 5 – 8 minute aan ‘n kant of tot goudbruin en kaas
gesmelt is. Sit warm voor met slaai of winkelsop.

  • Zenia Foster Roodt

    ….hmm….. ek weet nie watter een om eerste te probeer nie… biltong… kaas… grootste roosterbroodjie… riffelpan…. ek sal moet beurte maak met hierdie heerlike voorstelle wanneer die skoolvakansie eers goed op dreef is! Maar sê niks vir die kids nie, ek wil hulle verras… sshhhh

  • hxxrqiool

    SXXuHl sgsdjbgxtosq, [url=http://wtrcididzbmu.com/]wtrcididzbmu[/url], [link=http://twxlpteamsjb.com/]twxlpteamsjb[/link], http://csxcysbkvlqs.com/